seilboot [boodskap #140112] |
Sat, 27 August 2022 17:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
seilboot
Afbreking: seil•boot
Samestelling: seil + boot
Selfstandige naamwoord: seilboot
Meervoud: seilbote
Verkleinwoord: seilbootjie
Meervoud van verkleining: seilbootjies
Betekenis:
• 'n Boot met een of meer seile wat deur die wind voortgedryf word.
Gebruik:
• Die seilboot is omstreeks 3200 v.C. deur die Egiptenare uitgevind.
Sinoniem:
• seilskip
• seiljag
Hiponiem:
• jol
• skif
• skoener
Vertaling:
Engels: sailing boat, sailboat
Nederlands: zeilboot, zeilschip
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|