huisvesting [boodskap #140105] |
Fri, 26 August 2022 15:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
huisvesting
Afbreking: huis•ves•ting
Samestelling: huisves + -(t)ing
Selfstandige naamwoord: huisvesting
Meervoud: –
Betekenis:
• Die voorsiening van blyplek, waar mense permanent of tydelik kan woon (of werk).
Gebruik:
• Die dorpie verskaf huisvesting aan 160 van die kragstasie se werknemers.
Sinoniem:
• akkommodasie
• behuising
• herberg
• huisvoorsiening
• inkwartiering
• inwoning
• onderdak
• verblyf
Afgelei:
• studentehuisvesting
• volkshuisvesting
Vertaling:
Engels: accommodation, housing
Nederlands: huisvesting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|