kondukteur [boodskap #140100] |
Fri, 26 August 2022 10:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kondukteur
Afbreking: kon•duk•teur
Selfstandige naamwoord: kondukteur
Meervoud: kondukteurs
Verkleinwoord: kondukteurtjie
Meervoud van verkleining: kondukteurtjies
Betekenis:
• Iemand wat kaartjies op 'n bus, trein, ens. nagaan om te kyk of die passasiers betaal het.
Gebruik:
• Die kondukteur het nie eers my kaartjie geknip nie.
Sinoniem:
• kaartjieknipper
• kaartjiesondersoeker
• passasiersbeampte
Hiponiem:
• buskondukteur
• treinkondukteur
• tremkondukteur
Afgelei:
• kondukteurswa
Vertaling:
Engels: conductor
Nederlands: conducteur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|