verdeling [boodskap #140089] |
Thu, 25 August 2022 07:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verdeling
Afbreking: ver•de•ling
Samestelling: verdeel + -ing
Selfstandige naamwoord: verdeling
Meervoud: verdelinge, verdelings
Verkleinwoord: verdelinkie
Meervoud van verkleining: verdelinkies
Betekenis:
• Die manier waarop iets verdeel is/word.
Gebruik:
• Lettergrepe is die verdeling van klanke volgens hoe 'n woord geskryf word.
Sinoniem:
• distribusie
• indeling
• opdeling
• partisionering
• rantsoenering
• splitsing
• verspreiding
Hiponiem:
• arbeidsverdeling
• dagverdeling
• frekwensieverdeling
• graadverdeling
• herverdeling
• inkomensverdeling
• kasteverdeling
• klasseverdeling
• lasverdeling
• lettergreepverdeling
• loonverdeling
• magsverdeling
• normaalverdeling
• onderverdeling
• posverdeling
• rasseverdeling
• rolverdeling
• ruimteverdeling
• saadverdeling
• setelverdeling
• skaalverdeling
• streekverdeling
• taakverdeling
• termynverdeling
• vensterverdeling
• vragverdeling
• waarskynlikheidsverdeling
• werksverdeling
Aflei:
• verdelingsdiagram
• verdelingskoëffisiënt
• verdelingsplan
• verdelingspunt
• verdelingsverdrag
• verdelingsverhouding
Verwant:
• tweedeling
• driedeling
• gelykopdeling
Vertaling:
Engels: division, partition, distribution
Nederlands: verdeling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|