droewig [boodskap #140088] |
Wed, 24 August 2022 17:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
droewig
Afbreking: droe•wig
Samestelling: droef + -ig
Byvoeglike naamwoord: droewig
Vergrotende trap: droewiger
Oortreffende trap: droewigste
Attributief: droewige
Partitief: droewigs
Betekenis:
• Wat treurig en hartseer is.
• Wat swak en sleg is.
Gebruik:
• Die meisie het droewig gehuil oor haar hondjie wat dood is.
• Die Suid-Afrikaanse ekonomie lyk toenemend droewig.
Sinoniem:
• bedroef
• beroerd
• betreurenswaardig
• droefgeestig
• ellendig
• jammerlik
• klaaglik
• mistroostig
• tragies
• treurig
• triestig
• troosteloos
• verdrietig
Afgelei:
• droewigheid
Vertaling:
Engels: pitiful, sad, sorrowful, afflicted
Nederlands: droevig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|