grootmeneer [boodskap #140084] |
Mon, 22 August 2022 17:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grootmeneer
Afbreking: groot•me•neer
Samestelling: groot + meneer
Selfstandige naamwoord: grootmeneer
Meervoud: grootmenere
Verkleinwoord: grootmeneertjie
Meervoud van verkleining: grootmeneertjies
Betekenis:
• 'n Belangrike persoon wat 'n hoë posisie beklee, of wat homself dit aanmatig.
Gebruik:
• Frikkie hou hom grootmeneer, maar word vinnig deur 'n meisie op sy plek gesit.
Sinoniem:
• boperd
• baasspeler
• grootkop
• indoena
• kokkedoor
Afgelei:
• grootmeneeragtig
• grootmeneerhouding
• grootmeneerskap
Vertaling:
Engels: lordlike, lordish
Nederlands: heerachtig
Byvoeglike naamwoord: grootmeneer
Attributief: grootmeneer
Betekenis:
• Wat grootdoenerig en baasspelerig optree.
Gebruik:
• Die ouens kuier en loop grootmeneer in die strate rond.
Vertaling:
Engels: lordlike, lordish
Nederlands: herig, heerachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|