prysuitdeling [boodskap #140077] |
Sun, 21 August 2022 18:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
prysuitdeling
Afbreking: prys•uit•de•ling
Samestelling: prys + uitdeling
Selfstandige naamwoord: prysuitdeling
Meervoud: prysuitdelings
Verkleinwoord: prysuitdelinkie
Meervoud van verkleining: prysuitdelinkies
Betekenis:
• Geleentheid waartydens pryse (trofeë, sertifikate, ens.) uitgedeel word.
Gebruik:
• Die skool se jaarlikse prysuitdeling vind Donderdag om 19:00 in die skoolsaal plaas.
Sinoniem:
• prysgewing
• prystoekenning
Afgelei:
• prysuitdelingsfunksie
Vertaling:
Engels: prize giving, award ceremony
Nederlands: prijsuitreiking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|