aanwas [boodskap #140076] |
Sun, 21 August 2022 17:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanwas
Afbreking: aan•was
Selfstandige naamwoord: aanwas
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Vermeerdering of toename.
Gebruik:
• Die inheemse plante word bedreig deur die hoë aanwas van indringerplante.
Sinoniem:
• aangroeiing
• toename
• verhoging
• vermeerdering
Afgelei:
• aanwasbedeling
• aanwassyfer
• bevolkingsaanwas
• geboorteaanwas
• kapitaalaanwas
Vertaling:
Engels: growth, increase, accretion
Nederlands: aanwas
Werkwoord: was aan, aanwas
Verlede tyd: het aangewas
Betekenis:
• Om te groei en meer te word.
Gebruik:
• Die konyne was baie vinnig aan.
Sinoniem:
• aanteel
• groei
• toeneem
• vermeerder
Vertaling:
Engels: to increase, grow
Nederlands: aanwassen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|