Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gelas
gelas [boodskap #140072] Sun, 21 August 2022 09:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20989
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gelas
Afbreking: ge•las


Werkwoord: gelas
Verlede tyd: het gelas

Betekenis:
• Om 'n bindende opdrag te gee.

Gebruik:
• Die weermag is gelas om te mobiliseer.

Sinoniem:
• aansê
• beveel
• gebied
• voorskryf

Afgelei:
• afgelas
• gelastigde

Vertaling:
Engels: to order, command, direct, instruct
Nederlands: gelas


Werkwoord: las
Verlede tyd: het gelas

Betekenis:
• Die verlede tyd van las (om te heg).

Gebruik:
• Die tou het gebreek, maar ons het hom weer gelas.

Afgelei:
• aangelas
• aanmekaargelas
• ingelas
• inmekaargelas

Vertaling:
Engels: joined
Nederlands: samengevoegd, verenigd


Byvoeglike naamwoord: gelas
Attributief: gelaste

Betekenis:
• Wat gelas/geheg is.

Gebruik:
• Die gelaste tou het weer gebreek.

Vertaling:
Engels: joined
Nederlands: samengevoegd, verenigd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lw.
Volgende onderwerp: teem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 16:50:17 UTC 2025