landgoed [boodskap #140055] |
Fri, 19 August 2022 18:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
landgoed
Afbreking: land•goed
Samestelling: land + goed
Selfstandige naamwoord: landgoed
Meervoud: landgoedere
Verkleinwoord: landgoedjie
Meervoud van verkleining: landgoedjies
Betekenis:
• 'n Plaas of groot stuk grond buite 'n dorp of stad.
Gebruik:
• Kirstenbosch is 'n landgoed naby Kaapstad wat aan die Kirsten-familie behoort het.
Hiponiem:
• gholflandgoed
• sitruslandgoed
• wynlandgoed
Afgelei:
• landgoedeienaar
• landgoedwyn
Vertaling:
Engels: estate, country-estate
Nederlands: landgoed
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|