Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanpiekel
aanpiekel [boodskap #140054] Vr, 19 Augustus 2022 17:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18630
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanpiekel
Afbreking: aan•pie•kel
Samestelling: aan + piekel


Werkwoord: piekel aan, aanpiekel
Verlede tyd: het aangepiekel

Betekenis:
• Om iets met moeite êrens heen te dra.
• Om aan te sukkel; met moeite voortbeweeg.

Gebruik:
• Moet jy al hierdie boeke aanpiekel skool toe?
• En toe piekel almal maar agter Jan aan, wat vroeër agter Gert aangepiekel het.

Sinoniem:
• saampiekel
• aansukkel
• voortploeter
• voortsukkel
• voortswoeg

Vertaling:
Engels: to plod along; to toil along
Nederlands: met moeite dragen; traagjes vorderen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanpassing
Volgende onderwerp: landgoed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:33:52 MGT 2024