Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanpassing
aanpassing [boodskap #140053] Vr, 19 Augustus 2022 15:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18815
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanpassing
Afbreking: aan•pas•sing
Samestelling: aanpas + -ing


Selfstandige naamwoord: aanpassing
Meervoud: aanpassinge, aanpassings
Verkleinwoord: aanpassinkie
Meervoud van verkleining: aanpassinkies

Betekenis:
• 'n Verandering om iets beter te laat werk.
• 'n Verandering om beter by omstandighede aan te pas.

Gebruik:
• Die Gregoriaanse kalender is 'n aanpassing van die Juliaanse kalender.
• Pleegsorg vereis aanpassing vir sowel die kind as die pleegouers.

Sinoniem:
• adaptasie
• amendement
• korreksie
• modifikasie
• regstelling
• verandering
• verstelling
• wysiging
• akkommodasie
• inburgering
• inpassing

Hiponiem:
• gedragsaanpassing
• heraanpassing
• huweliksaanpassing
• inflasie-aanpassing
• kleuraanpassing
• salarisaanpassing
• wanaanpassing

Afgelei:
• aanpassingsprobleem
• aanpassingsproses
• aanpassingsvermoë

Vertaling:
Engels: adjustment; adaptation, accommodation
Nederlands: aanpassing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aaneenlopend
Volgende onderwerp: aanpiekel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 15:38:40 MGT 2024