voorsorg [boodskap #140051] |
Fri, 19 August 2022 09:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorsorg
Afbreking: voor•sorg
Samestelling: voor + sorg
Selfstandige naamwoord: voorsorg
Meervoud: –
Betekenis:
• Dit wat 'n mens kan doen om toekomstige probleme en onaangenaamhede te voorkom.
Gebruik:
• Die boer sny die droë gras om die huis as voorsorg teen moontlike veldbrande.
Spreekwoord:
• Voorsorg is beter as nasorg. [Voorkoming is beter as genesing]
Sinoniem:
• beplanning
• grondwerk
• omsigtigheid
• oorleg
• voorbereiding
Antoniem:
• nasorg
Afgelei:
• voorsorgfonds
• voorsorgmaatreël
• voorsorgmedikasie
• voorsorgmiddel
Vertaling:
Engels: provision, precaution
Nederlands: voorzorg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|