behoedsaam [boodskap #140021] |
Wed, 17 August 2022 16:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
behoedsaam
Afbreking: be•hoed•saam
Samestelling: behoed + -saam
Byvoeglike naamwoord: behoedsaam
Vergrotende trap: behoedsamer
Oortreffende trap: behoedsaamste
Attributief: behoedsame
Betekenis:
• Versigtig sodat gevaar vermy en ongelukke voorkom kan word.
Gebruik:
• Wees daarom behoedsaam oor wat jy sê en wat jy doen, want dit wat jy saai, sal jy later maai.
Sinoniem:
• aandagtig
• agsaam
• bedagsaam
• katvoet
• lugtig
• omsigtig
• sorgvuldig
• versigtig
• waaksaam
Antoniem:
• onbehoedsaam
Afgelei:
• behoedsaamheid
Vertaling:
Engels: careful, cautious, wary
Nederlands: behoedzaam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|