Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skattig
skattig [boodskap #140003] Di, 16 Augustus 2022 12:58
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18807
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skattig
Afbreking: skat•tig
Samestelling: skat + -ig


Byvoeglike naamwoord: skattig
Vergrotende trap: skattiger
Oortreffende trap: skattigste
Attributief: skattige

Betekenis:
• Vreeslik dierbaar; liefdevol, bekoorlik en innemend.

Gebruik:
• Is die babatjie tog nie te skattig nie?

Wisselvorm:
• skatlik

Sinoniem:
• dierbaar
• fraai
• liefies
• ougat
• oulik

Afgelei:
• skattigheid

Vertaling:
Engels: dear, sweet, cute
Nederlands: schattig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sjoebroekie
Volgende onderwerp: grafskrif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 13:54:14 MGT 2024