straler [boodskap #139994] |
Tue, 16 August 2022 11:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
straler
Afbreking: stra•ler
Selfstandige naamwoord: straler
Meervoud: stralers
Verkleinwoord: stralertjie
Meervoud van verkleining: stralertjies
Betekenis:
• 'n Vliegtuig met straalmotore; straalvliegtuig.
• Voorwerp wat iets uitstraal; uitstraler.
Gebruik:
• 'n Boeing 747-straler het in 1995 tydens die eindstryd van die rugbywêreldbeker laag oor die Ellispark-stadion gevlieg.
Afgelei:
• makrostraler
• stralerjakker
Vertaling:
Engels: jet plane; emitter
Nederlands: straalvliegtuig; straler
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|