grammofoon [boodskap #139972] |
Sun, 14 August 2022 18:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grammofoon
Afbreking: gram•mo•foon
Selfstandige naamwoord: grammofoon
Meervoud: grammofone
Verkleinwoord: grammofoontjie
Meervoud van verkleining: grammofoontjies
Betekenis:
• (histories) Toestel met 'n draaitafel en luidspreker om klankopnames wat op plaat vasgelê is terug te speel.
Gebruik:
• My oupa en ouma het saans graag na musiek op hulle ou grammofoon geluister.
Sinoniem:
• blêrkas
• platespeler
Afgelei:
• grammofoonmusiek
• grammofoonnaald
• grammofoonopname
• grammofoonplaat
• grammofoonuitvoering
Vertaling:
Engels: gramophone
Nederlands: grammofoon, platenspeler
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|