progressie [boodskap #139945] |
Sun, 14 August 2022 08:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
progressie
Afbreking: pro•gres•sie
Selfstandige naamwoord: progressie
Meervoud: progressies
Betekenis:
• Die handeling van vorder of vorentoe beweeg.
Gebruik:
• Vroegtydige behandeling kan die progressie van die sieke vertraag.
Sinoniem:
• ontwikkeling
• opklimming
• styging
• toeneming
• verloop
• voortgang
• vooruitgang
• vordering
Antoniem:
• regressie
Afgelei:
• progressief
• salarisprogressie
Vertaling:
Engels: progression
Nederlands: progressie
Nota:
• Leenwoord uit Frans.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|