| rits [boodskap #139936] |
Sa., 13 Augustus 2022 09:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24189 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Rits.
rits
Afbreking: rits
Selfstandige naamwoord: rits
Meervoud: ritse
Verkleinwoord: ritsie
Meervoud van verkleining: ritsies
Betekenis:
• 'n Reeks dinge of gebeure.
• Verkorting van ritssluiter.
Gebruik:
• Die wapen is in 'n rits rooftogte en huisbrake gebruik.
• Trek op jou rits!
Afgelei:
• ritsbaadjie
• ritsbeitel
Vertaling:
Engels: series, string, row; zip, zipper
Nederlands: rits
Werkwoord: rits
Verlede tyd: het gerits
Teenwoordige deelwoord: ritsende
Betekenis:
• Om haastig rond te beweeg.
Gebruik:
• Ma rits deur die dorp om inkopies te doen.
Afgelei:
• afrits
• oprits
• rondrits
Vertaling:
Engels: to zip, move in haste
Nederlands: ritsen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|