kousaliteit [boodskap #139918] |
Wed, 10 August 2022 16:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kousaliteit
Afbreking: kou•sa•li•teit
Selfstandige naamwoord: kousaliteit
Meervoud: kousaliteite
Betekenis:
• Verband tussen oorsaak en gevolg; die oorsaaklike samehang tussen gebeure.
Gebruik:
• Die linkerbrein funksioneer hoofsaaklik lineêr, daarom is dinge soos tyd (wat vorentoe stap) en kousaliteit (x veroorsaak y) vir die linkerbrein belangrik.
Sinoniem:
• noodwendigheid
• oorsaaklikheid
Vertaling:
Engels: causality
Nederlands: causaliteit, oorzakelijkheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|