aankondiging [boodskap #139914] |
Wo, 10 Augustus 2022 08:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20802 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aankondiging
Afbreking: aan•kon•di•ging
Samestelling: aankondig + -ing
Selfstandige naamwoord: aankondiging
Meervoud: aankondiginge, aankondigings
Verkleinwoord: aankondiginkie
Meervoud van verkleining: aankondiginkies
Betekenis:
• Die handeling van aankondig; om inligting openbaar te maak.
Gebruik:
• Die aankondiging is in die staatskoerant gepubliseer.
Sinoniem:
• afkondiging
• annunsiasie
• bekendmaking
• bekendstelling
• kennisgewing
• melding
• notifikasie
• proklamasie
• publikasie
Afgelei:
• boekaankondiging
• huweliksaankondiging
• kontinuïteitsaankondiging
• skokaankondiging
• vlugaankondiging
Vertaling:
Engels: announcement, notification
Nederlands: aankondiging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|