pensioenaris [boodskap #139890] |
Sun, 07 August 2022 08:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pensioenaris
Afbreking: pen•si•oe•na•ris
Samestelling: pensioen + -aris
Selfstandige naamwoord: pensioenaris
Meervoud: pensioenarisse
Verkleinwoord: pensioenarissie
Meervoud van verkleining: pensioenarissies
Betekenis:
• 'n Persoon wat afgetree het, nie meer werk nie en 'n pensioen ontvang.
Gebruik:
• 'n Arm pensioenaris behoort darem so 'n bietjie afslag te kry.
Wisselvorm:
• pensionaris (verouderd)
Sinoniem:
• afgetredene
• gepensioeneerde
• losieshuisinwoner
• pensioentrekker
• senior burger
Afgelei:
• pensioenarisafslag
Vertaling:
Engels: retired person, retiree, pensioner
Nederlands: pensionaris
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|