chemies [boodskap #139884] |
Sat, 06 August 2022 10:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
chemies
Afbreking: che•mies
Byvoeglike naamwoord: chemies
Attributief: chemiese
Partitief: chemies
Betekenis:
• Wat op chemie betrekking het; met die studie van verskillende stowwe en hul reaksies verband hou.
Gebruik:
• Die meeste metale is chemies stabiel en verweer dus nie vinnig op die aardkors nie.
Sinoniem:
• skeikundig
Afkorting:
• chem.
Afgelei:
• biochemies
• elektrochemies
• fotochemies
• neurochemies
• petrochemies
• termochemies
Verwant:
• chemikalie
• chemikus
Vertaling:
Engels: chemical
Nederlands: chemisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|