suutjies [boodskap #139882] |
Sat, 06 August 2022 07:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
suutjies
Afbreking: suu•tjies
Byvoeglike naamwoord: suutjies
Vergrotende trap: suutjieser
Oortreffende trap: suutjiesste
Attributief: suutjiese
Betekenis:
• Stadig en versigtig sonder om 'n lawaai te maak.
Gebruik:
• Hy sluip suutjies in die huis in terwyl sy ouers slaap.
Spreekwoord:
• Suutjies praat is duiwelsraad. [Dis onbeskof om in geselskap te fluister.]
Wisselvorm:
• soetjies
Sinoniem:
• geluidloos
• onhoorbaar
• saggies
Verwant:
• trapsuutjie
Vertaling:
Engels: softly, quietly
Nederlands: zachtjes
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|