Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » tyd
tyd [boodskap #139863] Wo, 03 Augustus 2022 21:36
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
soos 'n alomteenwoordige skaduwee
is jy altyd getrou aan ons sy
gereed om gebruik te word
en jou volle aandag aan ons probleme te wy

jy help ons om dinge te vervaardig
om oorloë en ontdekkingsreise te beplan
en jy leer ons kinders op skool
dat as hul werklik wil, dan sal hul kan

onwetend gebruik ons jou in alles wat ons doen
maar tog raak ons gou gou van jou bestaan bewus
as ons so 'n bietjie van jou steel
om die moeë liggaam te laat rus

anders as die skaduwee
wat sigbaar is en ons dus nie kan ontken
kan ons jou nie sien
en daarom word jy nie behoorlik verken

jy het so die oorsaak geword
van al ons probleme wat ontstaan
terwyl ons pragtige planeet
vinnig besig is om te vergaan

ons gebruik jou as verskoning wanneer ons faal
want ons is so geneig om te sê
dat ons iets tog so graag sou wou doen
as ons net meer tyd kon hê
Vorige onderwerp: kind van die woestyn
Volgende onderwerp: Winter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 01:23:46 MGT 2024