Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » kind van die woestyn
kind van die woestyn [boodskap #139862] Wo, 03 Augustus 2022 21:35
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
jy praat van jouself as die san
mens van mens noem jy jouself
maar wie of wat is jy regtig
waar kom jy werklik vandaan

jy woon hier in die dor woestyn
met pyl en boog as wapen
om die vleis vir jou groep te jag
wat jul eet met hande fyn

jy sal soms jou lendevel dra
en wit krale om die nek
van volstruiseierdop gemaak
meer as dit sal jy nooit vra

jy ken elke plantjie en dier
wat mens vind in die woestyn
en elke dier die aap jy na
want jou oog mis niks nie hier

jy praat van die mooiste tale
wat geen ander mense praat
want die metafoor van jou taal
vind mens in geen skoolsale

jy ken niks soos oorlog en haat
so voed jy jou kinders op
om die natuur net lief te hê
en oor alles moois te praat

jy leef elke dag in die sand
soos geen ander mens kan doen
hoe jy weet waar jy water vind
is te veel vir my verstand
Vorige onderwerp: die koerantverkopertjie
Volgende onderwerp: tyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 21:37:40 MGT 2024