Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die koerantverkopertjie
die koerantverkopertjie [boodskap #139860] Wo, 03 Augustus 2022 19:19
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
by die kruising van twee strate
waar voertuie in dolle vaart verbyflits
en 'n malende mensemassa op die sypaadjies voort storm
staan die jong seun met koerante onder die arm
by 'n baksteen en munte wat sy kluis vorm

asof in 'n lied sing hy die koerant se naam
bokant die stadsgeraas uit
terwyl sy geoefende ogies elke gesigsuitdrukking afvra
vir 'n teken van 'n moontlike klant
om so die nuus na die publiek oor te dra

van smôrens vroeg is hy reeds op sy pos
ongeag van wind en son en reën
gewapen met 'n vriendelike groet en 'n pittige sêding
probeer hy om sy koerante te verkoop
en so liggaam en gees bymekaar te bring

hy voel veilig by die kruising
waar soveel kulture en tale ontmoet
sy geld en koerante lê oop en bloot in almal se sig
maar niemand sou ooit probeer om iets van hom te steel
nie eens 'n skelm sou sy hand hier teen hom lig

snags by sy ouerhuis
is hy 'n verskrikte seun soos elk van die ander
hier waar hy juis veilig moet voel, is pyp en petrolbomme
geweervuur, messsteek, moord en verkragting
veel meer bekend as 'n glimlag, 'n handdruk en blomme
Vorige onderwerp: waarom bosbewoner
Volgende onderwerp: kind van die woestyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 05:30:39 MGT 2024