Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » waarom bosbewoner
waarom bosbewoner [boodskap #139851] Ma, 01 Augustus 2022 19:35
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
onbeskermd teen die aanslae van die natuur
sonder geriewe soos bed en tafel en stoel
berei jy jou maaltye langs 'n ope vuur
terwyl jou hond en kinders baljaar in 'n poel
dieselfde poel waarin jou vrou jul klere was
waarna sy dit vir droging oor die bosse sprei
omdat geen wasgoedlyn op jul perseel sal pas
dis dan net 'n grote bos waaronder jul bly

soos elkeen van ons het jy in 'n huis gewoon
saam met ander kinders in die strate gespeel
terwyl jou ouers geswoeg het vir hul weekloon
van die lewe het hul jou geleer elke reël
wat jy later aan jou eie kinders oordra
toe jy en jou vrou met jul eie huis begin
dit moes iets vreesliks wees wat jul daar toe so pla
dat jul besluit het dis nie goed vir jul gesin

wat het dan werklik daardie dag verkeerd geloop
dat jul besluit het om al die gerief te los
party van die goed het jul seker eers verkoop
om eerder te gaan bly met niks onder 'n bos
was geld die oorsaak van daardie dag se besluit
of het iets anders jul dalk daardie daad laat pleeg
ons moet weet, want dis verkeerd en ons moet dit stuit
want dit laat word ons tronke vol en skole leeg
Vorige onderwerp: help ons asseblief o Heer
Volgende onderwerp: die koerantverkopertjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 00:01:20 MGT 2024