raamvertelling [boodskap #139837] |
Sun, 31 July 2022 10:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
raamvertelling
Afbreking: raam•ver•tel•ling
Samestelling: raam + vertelling
Selfstandige naamwoord: raamvertelling
Meervoud: raamvertellings
Betekenis:
• Literêre tegniek waar 'n verhaal 'n oorhoofse geheel vorm waarbinne ander verhale voorkom.
Gebruik:
• Die Bybelboek Job is 'n voorbeeld van 'n raamvertelling.
Sinoniem:
• kadervertelling
• kaderverhaal
• raamverhaal
Antoniem:
• binneverhaal
Afgelei:
• raamverteller
Vertaling:
Engels: frame story, frame narrative
Nederlands: raamvertelling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|