afmaai [boodskap #139801] |
Wed, 27 July 2022 07:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afmaai
Afbreking: af•maai
Samestelling: af + maai
Werkwoord: maai af, afmaai
Verlede tyd: het afgemaai
Betekenis:
• Om op groot skaal dood te maak of te vernietig.
• Om gras of graan (soos koring, lusern, hawer, ens.) naby die grond af te sny.
Gebruik:
• Haar boetie hou daarvan om die zombies in rekenaarspeletjies af te maai.
• Die maaier het die gras afgemaai en tot hooi laat uitdroog.
Sinoniem:
• afoes
• afsny
• doodmaak
• uitdelg
• uitmoor
• uitwis
• verdelg
Afgelei:
• afmaaier
Vertaling:
Engels: to mow, reap
Nederlands: afmaaien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|