Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » water! water!
water! water! [boodskap #139798] Di, 26 Julie 2022 13:12
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
terwyl die son sy strale oor die vlakte sprei
waar grond en klip soos gloeiende stoofplate alles verbrand
wat probeer om daaroor te beweeg
strompel die veloortrekte skelet van ‘n wildsbok voort
op soek na ‘n lekkie water
of ‘n sappige blaar
terwyl sy uitpeuloë stip na die mirage in die verte staar

met moedelose oë opgeslaan na bo
op soek na ‘n tikkie blou lug
of ‘n straal van die son
staan die gesin voor die vensters
terwyl die gietende reën
rustige strate in kolkende riviere verander
en ommuurde tuine damme word
waarop hondehokke en vullisdromme lomp ronddryf
reddingswerkers jaag met motorbote waar ‘n week gelede nog sypaadjies en parkeerterreine was
Vorige onderwerp: mierberig
Volgende onderwerp: op soek na beskawing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 06:29:26 MGT 2024