Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sonbesie
sonbesie [boodskap #139797] Mon, 25 July 2022 20:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
sonbesie
Afbreking: son•be•sie
Samestelling: son + besie


Selfstandige naamwoord: sonbesie
Meervoud: sonbesies
Verkleinwoord: sonbesietjie
Meervoud van verkleining: sonbesietjies

Betekenis:
• 'n Halfvlerkige insek wat in die somer aanhoudend en eentonig in die bome skree.

Gebruik:
• Net die manlike sonbesies sing, tog is daar geen ander insek wat 'n harder lawaai kan opskop nie.

Sinoniem:
• boomsingertjie
• doringbesie
• langasem
• sikade
• singbesie

Vertaling:
Engels: cicada
Nederlands: cicade

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bo-op
Volgende onderwerp: vlymskerp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 07:29:12 UTC 2025