tydsverloop [boodskap #139791] |
Mon, 25 July 2022 15:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tydsverloop
Afbreking: tyds•ver•loop
Samestelling: tyd + -s- + verloop
Selfstandige naamwoord: tydsverloop
Meervoud: tydsverlope
Betekenis:
• Die verloop (verbygaan) van tyd.
• Die hoeveelheid tyd tussen twee tydstippe.
Gebruik:
• As jy 'n bal in die lug opgooi sal dit na 'n sekere tydsverloop begin terugval.
• 'n Dag is die tydsverloop van 24 uur.
Sinoniem:
• interval
• periode
• tydsbestek
• tydsduur
• tydspan
Afgelei:
• tydsverloopfotografie
Vertaling:
Engels: passage of time; time period, time lag
Nederlands: tijdsverloop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|