Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » doer op die spens se vloer
doer op die spens se vloer [boodskap #139784] So, 24 Julie 2022 18:53
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek smeek my bleek
want die baas lê en raas
met die nooi in die kooi

sy sê sy wou net hê
ek moes die doos appelkoos
en die emmer vla spens toe dra

maar toe sien ek die kantien
‘n hele magasyn vol brandewyn
en begin toe suip
tot ek op die vloer rondkruip

hy’t my amper doodgeslaan met die seeppotspaan
toe ek hom sê dat ek sy vrou wou hê
om hom te vra wat hom dan tog so pla

sy’t my net gevra om die goed te dra
en dit het ek gedoen sonder ‘n soen
maar toe verskyn die brandewyn

ek reken toe, sjoe, ek sal net proe
maar daar pak vergeet my bewustheid beet
en dis waar die dop my toe vloer toe skop
Vorige onderwerp: waar is al die vlinders heen
Volgende onderwerp: gekruisde lyne
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 11:03:19 MGT 2024