rondloper [boodskap #139752] |
Sat, 23 July 2022 19:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rondloper
Afbreking: rond•lo•per
Samestelling: rond + loper
Selfstandige naamwoord: rondloper
Meervoud: rondlopers
Verkleinwoord: rondlopertjie
Meervoud van verkleining: rondlopertjies
Betekenis:
• 'n Mens (of dier) sonder 'n vaste tuiste of wat selde tuis is.
Gebruik:
• Om misdaad te bekamp is die inwoners gevra om nie kos of werk aan rondlopers te gee nie.
Sinoniem:
• boemelaar
• bondeldraer
• leegloper
• lieplapper
• niksnuts
• nomade
• straatkind
• swerwer
• trekker
Afgelei:
• rondloperdiere
• rondloperhond
Verwant:
• rondloop
• rondlopery
Vertaling:
Engels: tramp, vagrant, loafer
Nederlands: rondloper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|