Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » waar is al die vlinders heen
waar is al die vlinders heen [boodskap #139751] Sa, 23 Julie 2022 19:30
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
waar is al die vlinders heen
wat eens ons tuine bewoon het
toe ons nog jong kindertjies was
wat graag met hulle gespeel het

ons het mekaar belowe
om nooit die ander seer te maak
om mekaar immer lief te hê
en altyd oor mekaar te waak

waar is al die vlinders heen
wat ons buurt met ons gedeel het
toe ons al groter kinders was
wat meer oor hulle geleer het

ons is dit op skool geleer
hoe broos en sag hul vlerke is
hoe hulle hul tonge gebruik
en ook hoe pragtig vlinders is

waar is al die vlinders heen
wat ons so oor bespiegel het
toe ons nog jong verliefdes was
wat hul so graag bewonder het

ons het dit toe eers besef
dat hul eiers eintlik wurms word
wat weer in papies verander
wat dan op hul beurt vlinders word

waar is al die vlinders heen
wat heel eerste staan op ons lys
noudat ons jong getroudes is
wat hul aan ons kinders wil wys

ons kan hul maar slegs vertel
van die gogga met die vlerke
met die lang opgerolde tong
een van God se wonderwerke
Vorige onderwerp: tafelberg - magtige rots van die kaap
Volgende onderwerp: doer op die spens se vloer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 21:20:09 MGT 2024