versengend [boodskap #139738] |
Sat, 23 July 2022 07:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
versengend
Afbreking: ver•seng•end
Samestelling: verseng + -end
Byvoeglike naamwoord: versengend
Vergrotende trap: versengender
Oortreffende trap: versengendste
Attributief: versengende
Betekenis:
• Wat so warm is dat dit die oppervlak skroei (sonder om aan die brand te slaan).
Gebruik:
• Die volgende vier dae se temperature sal wissel tussen uiters warm, bloedig warm, versengend warm en helwarm.
Sinoniem:
• brandend
• gloeiend
• skroeiend
• verskroeiend
• vurig
Vertaling:
Engels: scorching, blistering, searing
Nederlands: verzengend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|