Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afkoel
afkoel [boodskap #139735] Fri, 22 July 2022 17:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
afkoel
Afbreking: af•koel
Samestelling: af + koel


Werkwoord: koel af, afkoel
Verlede tyd: het afgekoel

Betekenis:
• Om koeler/kouer te maak of te word.
• (figuurlik) Om te bedaar en rustig te raak.

Gebruik:
• Laat die koffie 'n bietjie afkoel voordat jy dit drink.
• Tel tot tien om af te koel voordat jy iets sê wat jy later gaan berou.

Antoniem:
• opwarm

Afgelei:
• afkoeler
• afkoeling
• afkoelkas
• afkoeloond
• afkoelvermoë

Vertaling:
Engels: to cool down; to cool off, calm down
Nederlands: afkoelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meganisme
Volgende onderwerp: befonds
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 06:27:46 UTC 2025