tradisioneel [boodskap #139730] |
Fri, 22 July 2022 11:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tradisioneel
Afbreking: tra•di•si•o•neel
Byvoeglike naamwoord: tradisioneel
Vergrotende trap: tradisioneler
Oortreffende trap: tradisioneelste
Attributief: tradisionele
Partitief: tradisioneels
Betekenis:
• Volgens vaste tradisie; soos dit oorgelewer is of die gewoonte is om te doen.
Gebruik:
• Vandag se troues is gewoonlik minder tradisioneel as in die verlede.
• Die vesels van die garingboom is tradisioneel vir die vervaardiging van tou gebruik.
Sinoniem:
• gebruiklik
• gewoontelik
• institusioneel
• konvensioneel
• oorgelewer
• ortodoks
Antoniem:
• nuwerwets
Vertaling:
Engels: traditional, time-honoured
Nederlands: traditioneel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|