onbenullig [boodskap #139725] |
Thu, 21 July 2022 20:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onbenullig
Afbreking: on•be•nul•lig
Samestelling: on- + benul + -ig
Byvoeglike naamwoord: onbenullig
Vergrotende trap: onbenulliger
Oortreffende trap: onbenulligste
Attributief: onbenullige
Partitief: onbenulligs
Betekenis:
• Wat van geen of min belang is.
• Wat geen benul het wat aangaan nie.
Gebruik:
• Die plekkie is so onbenullig dat dit nie eers die kaart aangedui is nie.
• Die onbenullige vent dink hy weet wat hier aangaan.
Sinoniem:
• beuselagtig
• irrelevant
• nietig
• niksbeduidend
• niksbetekenend
• onbeduidend
• onbelangrik
• triviaal
• waardeloos
Antoniem:
• belangrik
Afgelei:
• onbenulligheid
• onbenullighede
Vertaling:
Engels: insignificant, trifling; unaware, stupid, clueless
Nederlands: onbenullig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|