Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spikkel
spikkel [boodskap #139722] Thu, 21 July 2022 12:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Blaar met spikkels.
'n Blaar met spikkels.
spikkel
Afbreking: spik•kel


Selfstandige naamwoord: spikkel
Meervoud: spikkels
Verkleinwoord: spikkeltjie
Meervoud van verkleining: spikkeltjies

Betekenis:
• 'n Klein vlek of kol; plekkie met 'n ander kleur wat teen die agtergrond afsteek.

Gebruik:
• 'n Tarentaal se vere is vol spikkels.

Sinoniem:
• kolletjie
• merkie
• stippel
• vlekkie

Afgelei:
• bespikkel
• deurspikkel
• spikkelrig
• spikkelseep

Vertaling:
Engels: speck, fleck, spot
Nederlands: spikkel


Werkwoord: spikkel
Verlede tyd: het gespikkel
Teenwoordige deelwoord: gespikkelde

Betekenis:
• Om vlekkies te maak, of kolletjies te vertoon.

Gebruik:
• Haar nekhare staan regop en die hoendervleis spikkel oor haar vel toe sy in die spookhuis instap.

Vertaling:
Engels: to speckle
Nederlands: spikkelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onregmatig
Volgende onderwerp: maalkolk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 07:00:59 UTC 2025