bewysstuk [boodskap #139718] |
Wed, 20 July 2022 14:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bewysstuk
Afbreking: be•wys•stuk
Samestelling: bewys + stuk
Selfstandige naamwoord: bewysstuk
Meervoud: bewysstukke
Verkleinwoord: bewysstukkie
Meervoud van verkleining: bewysstukkies
Betekenis:
• Voorwerp wat gebruik word om iets te bewys.
Gebruik:
• Sonder 'n enkele bewysstuk sal ons nie die saak wen nie.
• Die polisie fynkam die moordtoneel vir bewysstukke.
Vertaling:
Engels: exhibit, evidence, proof
Nederlands: bewijsstuk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|