Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » reisbeskrywing
reisbeskrywing [boodskap #139715] Wed, 20 July 2022 09:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
reisbeskrywing
Afbreking: reis•be•skry•wing
Samestelling: reis + beskrywing


Selfstandige naamwoord: reisbeskrywing
Meervoud: reisbeskrywinge, reisbeskrywings
Verkleinwoord: reisbeskrywinkie
Meervoud van verkleining: reisbeskrywinkies

Betekenis:
• Beskrywing van 'n beplande reis (reisplan), of 'n beskrywing van reis wat onderneem is (reisverslag).

Gebruik:
• Du Toit publiseer in 1874 'n reisbeskrywing van sy reis deur Transvaal.

Sinoniem:
• itinerarium
• reisboek
• reisverhaal
• reisverslag

Vertaling:
Engels: itinerary; travelogue
Nederlands: reisbeschrijving

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sonsopkoms
Volgende onderwerp: taverne
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 06:38:28 UTC 2025