Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grondwet
grondwet [boodskap #139704] Sa, 16 Julie 2022 08:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grondwet
Afbreking: grond•wet
Samestelling: grond + wet


Selfstandige naamwoord: grondwet
Meervoud: grondwette
Verkleinwoord: grondwetjie
Meervoud van verkleining: grondwetjies

Betekenis:
• Wet wat altyd geld en waaraan ander wette ondergeskik is.

Gebruik:
• Die Grondwet van Suid-Afrika is op 4 Desember 1996 deur die Konstitusionele Hof aanvaar en die hoogste wet van die land.

Sinoniem:
• konstitusie
• landswet
• staatswet

Hiponiem:
• konsepgrondwet
• ontwerpgrondwet

Afgelei:
• grondwetgewend
• grondwetlik
• grondwetsartikel
• grondwetshersiening
• grondwettig

Vertaling:
Engels: constitution, fundamental law
Nederlands: grondwet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: produksie
Volgende onderwerp: sintel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 20:29:31 MGT 2024