opnuut [boodskap #139698] |
Fri, 15 July 2022 15:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opnuut
Afbreking: op•nuut
Samestelling: op + nuut
Bywoord: opnuut
Betekenis:
• Van voor af; nog 'n keer.
Gebruik:
• Ná die veldbrand het die gras opnuut uitgeloop en die wêreld in groen getooi.
Sinoniem:
• alweer
• andermaal
• nogeens
• wederom
• weer
• weereens
Vertaling:
Engels: again, afresh, anew
Nederlands: opnieuw
Nota:
• Bywoord van tyd.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|