geskied [boodskap #139682] |
Wed, 13 July 2022 19:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geskied
Afbreking: ge•skied
Werkwoord: geskied
Verlede tyd: het geskied
Betekenis:
• (deftig) Om te gebeur of plaas te vind; werklikheid word.
Gebruik:
• Laat alles by julle in liefde geskied. [1 Korintiërs 16:14]
• Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. [Matteus 6:10]
Sinoniem:
• afspeel
• gebeur
• plaasvind
Vertaling:
Engels: to come to pass, happen
Nederlands: geschieden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|