kalibreer [boodskap #139677] |
Tue, 12 July 2022 20:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kalibreer
Afbreking: ka•li•breer
Werkwoord: kalibreer
Verlede tyd: het gekalibreer
Betekenis:
• Om 'n instrument fyn volgens 'n gegewe standaard in te stel.
Gebruik:
• Jy moet eers die skaal kalibreer, anders sal sy massa-metings nie akkuraat wees nie.
Sinoniem:
• indeel
• instel
• uitmeet
• yk
Afgelei:
• kalibrasie
• kalibreerapparaat
• kalibreerder
• kalibreerfout
• kalibreerinstrument
• kalibreerwerk
• kalibrering
Vertaling:
Engels: to calibrate
Nederlands: kalibreren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|