benoudebors [boodskap #139670] |
Sun, 10 July 2022 18:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
benoudebors
Afbreking: be•nou•de•bors
Samestelling: benoude + bors
Selfstandige naamwoord: benoudebors
Meervoud: –
Betekenis:
• Toestand van asemnood; gevoel dat mens nie genoeg lug kry nie ('n simptoom van asma).
Gebruik:
• Sy kry skielik benoudebors toe sy die lang tou voor die winkel sien.
Sinoniem:
• aamborstigheid
• kortasemigheid
Afgelei:
• benoudeborssiekte
Vertaling:
Engels: wheeziness, asthma, shortness of breath
Nederlands: kortademigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|