gravis [boodskap #139669] |
Sun, 10 July 2022 17:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gravis
Afbreking: gra•vis
Selfstandige naamwoord: gravis
Meervoud: gravisse
Betekenis:
• Diakritiese teken op 'n vokaal wat agtertoe leun (meestal om die [ε]-klank aan te dui).
Gebruik:
• Moet ek 'n "e" met 'n gravis (è) of 'n akuut (é) gebruik?
• Woorde soos appèl, dè, hè en nè word met 'n gravis gespel.
Sinoniem:
• gravisaksent
Antoniem:
• akuut
Vertaling:
Engels: grave accent
Nederlands: accent grave
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|