Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » akuut
akuut [boodskap #139664] Sun, 10 July 2022 12:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
akuut
Afbreking: akuut


Byvoeglike naamwoord: akuut
Vergrotende trap: akuter
Oortreffende trap: akuutste
Attributief: akute

Betekenis:
• Wat hewig en dringend is; vinnig verloop, maar kort van duur is.
• Wat beklemtoon is.

Gebruik:
• Die kanker was akuut en sy het eintlik geen kans gehad nie.
• Gebruik 'n akute aksent.

Sinoniem:
• hewig
• kortstondig
• spoedeisend

Antoniem:
• chronies

Afgelei:
• akuutheid

Vertaling:
Engels: acute
Nederlands: acuut


Selfstandige naamwoord: akuut
Meervoud: akute

Betekenis:
• 'n Akute aksent (diakritiese teken op 'n vokaal wat vorentoe leun en vir beklemtoning gebruik word).

Gebruik:
• Moet ek 'n "e" met 'n akuut (é) of 'n gravis (è) gebruik?

Sinoniem:
• akuutaksent
• akuutteken

Antoniem:
• gravis

Vertaling:
Engels: acute accent
Nederlands: accent aigu

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: chronies
Volgende onderwerp: gravis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 07:33:59 UTC 2025